Bachelor’s op Verkykerskop

Naweek van 8 September 2018

Ons het n onvergeetlike Bachelors gehad op Verkykerskop. ‘n Naweek wat oorgeloop het van pret, avontuur en aktiwiteite.

Ons het die naweek afgeskop met Haelgeweer sport. Die manne het omtrent die kleiduif skiet geniet. Die natuurskoonheid op Verkykerskop is iets wat almal moet beleef. Ek het die klomp manne op n rut om die plaas gevat en hulle Verkykerskop se asemrowende uitsigte gewys.

Kos, kos en nog meer kos. So groep manne eet soos ons Springbok Rugbyspan. Van gedurig Braai tot Potjiekos, die manne weet beslis hoe om heerlike kos te maak.

Kagelvure is die beste manier om ‘n ongelooflike dag in die natuur mee af te sluit. ‘n Kagel vuur gee goeie vriende die geleentheid om lekker te gesels, grapies te maak en net die aand se varslug te geniet. Verkykerskop se kaggelvure sal beslis ‘n prys kan wen en die groep manne het die geleentheid aangegryp om elke aand kaggelvuur te maak. Hulle het in al Verkykerskop se kaggels kaggelvuur gemaak en Verkykerskop het meer as net een.  Hulle het dit vreeslik geniet om GROOT vure te maak terwyl hulle gekuier het om die braai.

Die Bachelors groep het lekker om die pooltafel op Verkykerskop se plaas gekuier en gesels terwyl hulle gespeel het. Ons het n paar rondtes gespeel en hier en daar n kompetisie gehad.

Om vis te vang op n Bachelors is n groot wenner. Tog  is dit baie skaars. Maar hier op Verkykerskop se plaas laat ons dit gebeur. Ek wou die manne verras en so het ek hulle gevat om te gaan visvang. DHierdie visvang aktiwiteit was omtrent ‘n treffer. Hulle het hulleself gate uit geniet en ons het lank langs die dam net pret gehad. Langs Verkykerskop se dam kom ‘n mens nie eers agter hoe die tyd vlieg nie.

Verkykerskop gaan uit ons pad uit om die ervaring vir ons gaste besonders te maak.

So om die naweek net nog meer ongelooflik te maak en behoorlik af te sluit, het ek 200 golfballe gaan koop vir n asemrowende aktiwiteit. Ek het die manne na Verkykerskop se kanse toe geneem en hulle die balle van die kranse laas afslaan. Hulle was opgewonde, verstom en ekstaties. Hierdie aktiwiteit was beslis ‘n wenner.

Dit was ‘n Bachelors van ‘n leeftyd op Verkykerskop met onbeskryflike herinnering wat die groep Bachelors manne vir altyd saam hulle gaan dra.

Om ‘n ongelooflike en onveetlike Bachelors op Verkykerskop te boek, skakel PJ op 084 558 5855